William Beale het Maandag in die streekshof in Knysna verskyn, het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag bevestig.

“Daar was geen pleit- en vonnisooreenkoms nie; hy het skuldig gepleit en is skuldig bevind.”

William is aanvanklik van 107 893 aanklagte aangekla, maar het skuldig gepleit op 18 644 van die aanklagte teen hom. Die staat het die res van die aanklagte teruggetrek omdat hulle tevrede was met die aantal aanklagte waarvoor hy skuldig bevind is, verduidelik Eric.

Hy is ook skuldig bevind op aanklag vir die besit dagga. Lees ook: Oos-Randse man beken skuld op 800 klagte wat verkragting en kinderpornografie insluit William moet op 18 April in die hof veskyn vir vonnisoplegging. Die staat en die verdediging sal dan bewyse van sielkundiges voorlê en die verdediging het ook ’n korrektiewe toesig-verslag aangevra.

William, ’n rekenaar-ingenieur, is in Januarie 2015 in hegtenis geneem ná Belgiese polisie in samewerking met plaaslike polisiebeamptes onder die vaandel van Operations Cloud 9 vir maande ’n netwerk van pedofiele ondersoek het, het Times Live destyds berig.