[caption id="attachment_88455" align="aligncenter" width="600"]The Fire Feeders, die vriende Stuart Smith en Bretton-Anne Moolman van Port Elizabeth. The Fire Feeders, die vriende Stuart Smith en Bretton-Anne Moolman van Port Elizabeth.[/caption]

Maar gisteraand, ná ’n uitputtende uitdaging van hierdie buitemuurse kookkompetisie op e.tv, moes hulle hul tasse pak nadat hulle nie die beoordelaars kon beïndruk nie. Tog sê hulle, hulle het geweet dit sou moeilik wees.

Stuart het ingeskryf vir die kans om die padvakansie van ’n leeftyd te ervaar. Bretton-Anne het aangesluit om hierdie ongelooflike ervaring mee te maak.

As hulle die titel, motor en wengeld kon verower, sou Stuart sy deel gebruik het om ’n reisende koswa op die been te bring sodat hy die land kan plat reis, en Bretton-Anne sou ’n motor wou koop. Maar nou het hul reis geëindig. As troos het hulle binnelandse naweekvakansies ter waarde van R40 000 gewen met die vergunning van Sho’t Left.

Volgende week reis die vier oorblywende spanne na die Buffelsdrift-wildsplaas by Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Sonder ’n avontuurreis sou dit nie ’n tawwe program wees nie. Dis die voorlaaste skof voor die eindronde en die spanne jaag om vyf uitdagings te voltooi voor hulle hul vure aan die gang kan kry. Kyk die 12de aflewering van Ultimate Braai Master op Donderdag 27 November om 20:30op e.tv.