Jayde Panayiotou (28) het gisteroggend omstreeks halfsewe voor haar woonstelblok, Stellen Glen in Kabega Park, vermis geraak. Sy het op ’n saamry-geleentheid gewag na die Riebeek College-meisieskool op Uitenhage waar sy ’n gr. 7-onderwyseres was.

Peter Becker, ’n familievriend, het bevestig dat sy oorlede is, maar was te geskok om verder daaroor te praat.

Jayde was nie by die woonstel toe die geleentheid opdaag nie en die polisie het intussen fotografiese beelde van ’n man gekry wat ongeveer 90 minute ná haar verdwyning geld uit haar bankrekening getrek het in Kwanobuhle – ’n informele nedersetting by Uitenhage.

Meer as 200 polisiemanne was by die soektog betrokke en ’n beloning van R150 000 is uitgeloof vir iemand wat met inligting vorendag kon kom.

Bronne: News24 en Heraldlive.co.za