Die polisie sê die 18-jarige man is platgeduik toe hy Sondagoggend die werf betree het. “Die eienaar se seun het die verdagte gesien en dié het hom met ’n hamer en vuurwapen bestorm. Daar het ’n struweling tussen die twee ontstaan, maar die karate-entoesias het die verdagte oorweldig,” sê kol. Priscilla Naidu.

peinbreker

Terwyl hy op die grond was, het die inbreker ’n vuurwapen uitgepluk, maar hy’s ontwapen en onder bedwang gehou tot die polisie opgedaag het, het die Walmer-buurtwag op Facebook gesê.

Priscilla het ook bevestig die inbreker se vuurwapen was ’n speelding.

Die man is in hegtenis geneem vir oortreding, die rig van ’n vuurwapen en die besit van huisbraak-gereedskap.

Bronne: News24