Die Fast and the Furious-akteur en sy vriend Roger Rodas, is op 30 November dood toe Roger beheer oor hul motor verloor en verongeluk het. Die verkoper van die items sê hy het stilgehou om te help by die ongelukstoneel in Santa Clarita, Kalifornië.

Die onbekende eienaar sê die polisie het hom beveel om van die toneel af weg te beweeg, maar hy het teruggekeer om te kyk toe die wrak verwyder is, en het die sonbbril in die bosse gekry.

In die lysting staan: “Die eienaar van die items wat aangebied word, was naby en op die toneel met inligting en bystand vir beamptes en verslaggewers. Toe die ondersoek by die toneel afgehandel en die wrakstukke van die motor verwyder is, het ’n beampte hom en ander mense weer op die terrein toegelaat.

Die enigste ding wat oor was, was ’n verkoolde klimop, klein stukkies puin, ’n paal wat platgery was en die boom.

“Terwyl hy geskok en hartseer op die toneel gestap het, het hy ’n paar sonbrille in die klimop gevind. Nadat hy dit vir die beamptes gewys het, het hulle hom net weggewys.

Die bril was vuil en hy het dit in ’n sakdoek toegedraai en in sy sak gesit. Hy het ook oorblywende puin daar naby gevind wat hy gehou het.”

Die lysting op BidAMI.com sluit in ’n brandblusser wat die eienaar sê is op die toneel gebruik, puin van die ongeluk en foto’s wat by die toneel geneem is.

Die items het tot dusver drie botte gekry en die huidige verkoopprys is sowat R6 000.