“Paul wou ’n ruk nie in flieks speel nie en van Hollywood wegkom om tyd saam met (sy dogter) Meadow deur te bring. “Hy was so trots op haar; sy is ongelooflik intelligent en mooi. Paul wou haar sien groot word.
'Paul het hom nie aan roem gesteur nie.'

“Trouens, hy sou sy Hollywood-roem verruil vir ’n rustige lewe saam met Meadow. Paul het hom nie aan roem gesteur nie en het beskeie geleef. Hy het ingestem om in die fliek Agent 47 te speel, en dit was reeds bepaal dat daar nog drie flieks sou wees as dit suksesvol is.

“Hy het aan my gebieg dat hy dit berou het omdat hy by Meadow wou wees.”

Volgens Paul sr. was die akteur – wat Meadow by ’n eks, Rebecca Soteros, het – ook van plan om vinnige motors te verruil vir branderplankry, ’n stokperdjie uit sy jongdae.

Hy het aan MailOnline gesê: “Hy was verveeld met die motors. Hy het eintlik voor sy dood vir my gesê hy het die see herontdek en ry weer branderplank.

“Hy het ’n ligament in sy knie geskeur en dit het motor bestuur moeilik gemaak.”

Bronne: Mail Online, The Independent, Channel24