Paul Walker se medespelers is so ontsteld oor sy dood, hulle kan nie vandeesweek verder aan Fast & Furious 7 werk nie.

paulwalker-stars Die dood van die 40-jarige ster in ’n motorongeluk by ’n motorskou vir liefdadigheid in Santa Clarita, Kalifornië, sal na verwagting die vervaardiging vertraag van die fliek waarmee in September begin is. ’n Bron het gesê: “Niemand wil eens aan die rolprent dink nie.”

“Niemand wil eens aan die rolprent dink nie.”

Ander bronne het aan die skinderwebtuiste TMZ.com gesê Paul sou dié week sleuteltonele verfilm het vir die rolprent in Atlanta, Georgia.

Die bron het gesê verskeie van die akteurs en stelwerkers wat veronderstel was om die naweek na Atlanta te vlieg om Dinsdag verder aan die rolprent te werk, het gesê hulle gaan nie gou na die stel terugkeer nie, want hulle is te ontsteld om te werk en verwag dat die produksie gestaak sal word.

Universal Studios, die onderneming agter die rolprentreeks, het nog nie kommentaar gelewer nie. Maar bronne het gesê die week se tonele het almal om Paul gewentel; daarom sal die draaiboek kwaai aangepas moet word.