paulwalker3

Paul Walker se familie glo padmerkers het dalk veroorsaak dat sy motor verlede maand teen ’n boom en straatlig gebots het.

Die ster van Fast & Furious is op 30 November oorlede toe die voertuig waarin hy ’n passasier was, teen ’n boom en straatlig gebots en aan die brand geslaan het. Sy familie oorweeg nou die moontlikheid dat die ongeluk veroorsaak is deur Botts’ dots – verhewe, nie-weerkaatsende plastiekmerkers wat die bane op paaie aandui.

’n Lykskouer het bevind dat Paul en sy vriend Roger Rodas, wat die Porsche bestuur het, se dood ’n ongeluk was, maar ondersoekers ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk, waarby net een motor betrokke was, en spoed word as ’n faktor in ag geneem.

“Die familie was in aanraking met waagtoertjiekenners wat die ongelukstoneel besoek het en glo hulle weet wat gebeur het: Wanneer ’n motor jaag en die plastiekmerkers tref, sal dit veroorsaak dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor.”

Intussen besluit Paul se naastes, onder wie sy 15-jarige dogter Meadow, maq Cheryl en pa Paul Walker sr., sy vier sibbe en meisie van sewe jaar Jasmine Pilchard-Gosnell (23), hoe en waar die akteur begrawe sal word nadat die lykskouer se kantoor in Los Angeles die afgelope week sy lyk oorhandig het. Familie en vriende het reeds op 2 Desember ’n privaat gedenkdiens op die ongelukstoneel gehou, maar daar word ’n openbare gedenkdiens vir 15 Desember in Malibu beplan.