Paul Walker se dogter, Meadow, het op Vadersdag in ’n roerende plasing op Instagram eer betoon aan haar oorlede pa.

Die akteur van Fast and Furious is in November 2013 in ’n motorongeluk oorlede. Die motor waarin hy gery het, het ’n boom getref. Hy het een dogter, Meadow, agtergelaat en sy het ’n foto van haar as baba, saam met haar pappa, gedeel. Op die foto soen Paul vir Meadow op die wang terwyl die peuter haar arms om sy nek slaan en giggel van genot. "Gelukkige Vadersdag," het Meadow die foto genoem.

A photo posted by Meadow Walker (@meadowwalker) on