Die Fast & Furious-ster het op 30 November verlede jaar gesterf in ’n motorongeluk in Valencia, Kalifornië. Hy was 40.

Minder as ’n week voor die eerste herdenking van sy dood het sy broer Cody met E! News gepraat oor sy wyle broer se lewe.

Cody het spesifiek Paul se liefdadigheidswerk geprys; hy het die noodleningsorganisasie Reach Out Worldwide (ROWW) gestig.

“ROWW bestaan steeds om ander te help, al is ons hoofbydraer, my broer Paul Walker, oorlede,” het Cody gesê. “Ek weet hy sou oorstelp wees om te weet ROWW het sy lewe verander, en hy was so trots daarop.” Cody het onthul, sedert Paul se dood het ROWW ’n mediese sending in die Filippyne ná tifoon Haiyan voltooi, en hulle het vrywilligers na Mayflower, Arkansas, gestuur om inwoners te help nadat ’n tornado die gebied getref het. “Hierdie sendings is lewensveranderend. Ek is so trots om deel hiervan te wees,” het Cody gesê en bygevoeg sy broer het hom geleer om “voluit te leef”.

'Lag baie, hê lief en vind jou ware geluk.'

“Lag baie, hê lief en vind jou ware geluk,” het hy gesê, en mense bedank vir hul bemoedigende woorde die afgelope jaar.

“Vanjaar was baie uitdagend, maar ook uiters lonend. ROWW wil graag al die ondersteuners bedank wat ons deur hierdie jaar gehelp het,” het Cody gesê.

“Danksy julle, lewe Paul se nalatenskap voort. Ek is so bevoorreg dat hy my ouboet was.”

Voor sy dood was Paul besig om ’n Fast & Furious-fliek te verfilm.

Furious 7, waarin Paul verskyn, word in April aanstaande jaar uitgereik.

© Cover Media