Sir Paul McCartney weet hy sal nie vir altyd kan optree nie.

Die 71-jarige Beatles-legende het al voorheen gepraat oor sy begeerte om aan te hou werk. Tog weet hy daar sal ’n tyd kom dat dit onmoontlik sal wees om uitputtende toere te onderneem. Hy beplan om sy lewe ná sy volgende klompie vertonings in heroënskou te neem.

Hy het gesê hulle gaan met sy huidige toer en album wikkel. Daarna sal hy besluit wat om te doen. “As jy my vra wat die langtermyn-voorspelling is, sien ek myself altyd doen wat ek nou doen. Tog, soos met ’n sokkerspeler, moet daar ’n liggaamlike punt kom waarop jy dalk nie meer in staat sal wees om dit te doen nie.”

Paul hoop daardie punt kom nooit nie, want hy kan die idee om niks te doen nie, nie verdra nie.

Hy het aan NME-tydskrif gesê hy word nie moeg nie en gaan nie eens daaraan dink om op te hou nie. “Ek sien mense jonger as ek wat die hele dag voor die TV sit. Ek dink nie ek wil so lewe nie. Ek kan aan iets beters dink.”