Dis nog alles daar: die lang, blonde lokke en die kurwes en rondings, alles presies op die regte plekke. Daardie Supersterre-stem wat kykers voor die TV vasgenael gehou het, is ook nog dieselfde, én die vietse lyfie waarmee sy nog altyd gespog het.

Jy verwag eintlik Patricia Lewis (44) moet by die trap van die Fairmont Zimbali Lodge afgerol kom ná  koerantberigte dat sy deesdae ’n potjierol is.

Maar sy verskyn met haar slanke, bruingebrande lyf in ’n swart-en-witrok in die restaurant waar ons gesels.

Lees meer in die nuutste uitgawe.