Die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, het dié nuus Saterdag bevestig ná die Springbokke se 26-20 nederlaag teen Ierland op Nuweland. Dit was Allister se eerste wedstryd as nuwe afrigter van die Bok-span.

Patrick is in die 22ste minuut platgetrek na ’n aanslag van die Ierse flank CJ Stander. CJ se bobeen het Patrick se kop getref. ’n Beweginglose Patrick is kort daarna op ’n draagbaar van die veld geneem. CJ is met ’n rooikaart beboet en van die veld gestuur. Allister moet nou ’n geskikte plaasvervanger vir Patrick opspoor. "Pat is uit," het hy bevestig. "Dis harsingskudding ... so hy kan tot twee weke uit wees. "Hulle het X-strale van sy nek geneem, en dit is okay."

Allister is hoopvol dat Patrick beskikbaar sal wees vir die derde toets teen die Iere in Port Elizabeth, maar die kans is goed dat hy nie gereed sal wees nie.

Elton Jantjies het Patrick tydens gister se kragmeting vervang, en is ook die voor die hand liggende opsie om komende Saterdag op Ellispark uit te draf, maar nou moet Allister besluit wie dié losskakel gaan vervang.

Garth April was in die oorspronklike 31-man Springbok-groep, en word wyd gesien as die derde keuse op losskakel, maar sy sukkelende prestasie vir die Suid-Afrikaanse 'A'-span en hul verloor teen die Engelse Saxons in Bloemfontein Vrydag, mag dalk vir Allister noop om elders te kyk.

Johan Goosen is ook ’n opsie.

"Nee, nog nie," was Allister se woorde toe hy gevra is of hy al gedink het wie Patrick se plaasvervanger gaan wees.

Bron: Sport24