[caption id="attachment_148656" align="alignnone" width="600"]Foto's: IPSS Facebook Foto's: IPSS Facebook[/caption]

Woordvoerder van IPSS Medical Rescue, Paul Herbst, het gesê hul mediese span het saam met polisieduikers na die toneel naby die Ezimbokodweni laerskool gegaan waar hulle na die lewelose liggaam van die 36-jarige pastoor gesoek het.

" ’n Soektog is van stapel gestuur en die slagoffer se liggaam is op ’n diepte van 4 m gevind in die water wat baie vinnig gevloei het. Die liggaam is verwyder uit die rivier en aan speurders van Bhekithemba oorhandig," het Paul gesê.

Kyk hier na ’n video van die soektog:

In ’n afsonderlike voorval is ’n jong seun bygebring nadat hy amper in ’n getypoel naby Tinley Manor aan die Dolfynkus verdrink het.

"Die presiese omstandighede wat gelei het tot die seun se amper-verdrinking is nog onduidelik," het Paul gesê.

"Maar daar word berig dat lede van die publiek die lewelose seuntjie op die water sien dryf het en hom toe uit die poel gered het.

Lewensredders het onmiddellik gereageer en binne minute lewensbelangrike KPR uitgevoer.

Ná vele pogings kon lewensredders en paramedici daarin slaag om tekens van lewe by die seun te bespeur. Hy is in ’n kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

Bron: News24