Roast-chicken-pasta-bake

(Genoeg vir 12 mense)

Dis wat jy vir die pasta gaan nodig kry:

  • seesout en peper
  • ’n hand vol vars tiemie of 5 ml (1 t) droë tiemie
  • 1 kg pasta
  • 1,5 L (6 k) béchamel-sous
  • 1 bos preie (wit en groen dele), gekap
  • 1 bos sprietuie, gekap
  • 500 ml (2 k) bevrore ertjies (opsioneel)
  • olyfolie
  • 150 g cheddar-skyfies

Dis wat jy vir die béchamel-sous gaan nodig kry:

  • 150 g botter
  • 120 ml (½ k) meel
  • 2 L (8 k) melk
  • 15 ml (1 e) sout
  • 5 ml (1 t) neutmuskaat, vars gerasper
  • 15 ml (1 e) hoenderaftreksel

Sprinkel die olyfolie oor die hoender en geur met die sout, peper en tiemie. Braai 40-50 min. of tot die vleis goudbruin buite maar steeds sappig binne is. Sodra dit gaar is, sny dit in blokkies en hou eenkant. Verhit intussen nog ’n pan, voeg ’n bietjie olyfolie by en roerbraai die preie, sprietuie en ertjies tot sag. Hou warm. Bring ’n groot pot water tot kookpunt en kook die pasta volgens die aanwysings. Maak die béchamel-sous deur die botter oor medium hitte te verhit en die meel by te voeg en te roer tot glad. Verlaag die hitte en kook tot die mengsel ’n goue, sanderige kleur kry, sowat 6-7 min. Verhit intussen die melk in ’n ander pot tot net onder kookpunt. Voeg die melk een koppie op ’n slag by die bottermengsel en klits deurentyd om die mengsel glad te hou. Voeg die hoenderaftreksel by en bring stadig tot kookpunt. Kook 10 min. en roer gedurig. Verwyder van die hitte en geur met die sout en neutmuskaat en hou eenkant tot dit gebruik moet word. Meng die gedreineerde pasta, béchamel-sous, hoender, preie, sprietuie en ertjies. Meng goed, en geur na smaak. Giet in ’n groot oondvaste bak. Maak die skyfies fyn en sprinkel oor die pasta. Bak sowat 40 min. en sit voor met ’n groenslaai.

- Resep deur Food24 van Foodmonger

Vir hierdie en ander resepte, besoek Checkers.