Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa, sê owerhede is rondom 07:52 Saterdagoggend ingelig daar staan ’n bus is in vlamme gehul langs die pad. Al die passasiers kon daarin slaag om dit te ontruim voor die vuur alles verswelg het.

"Dit het heeltemal uitgebrand, maar daar was geen beserings," het Kenny gesê. Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die brand was nie.

Translux het ook nog nie op navrae gereageer nie.

Volgens Kenny het hierdie voorval plaasgevind juis terwyl owerhede monitering van die land se paaie opskerp soos wat reisigers hul weg terug huis toe vind na die vakansie.

In ’n afsonderlike insident is 14 mense lig beseer nadat die taxi waarin hulle gereis het omgeslaan het tussen Aberdeen en Beaufort-Wes in die vroeëoggendure van Saterdag.

Bron: News24