Hy het sowat halfpad met die vlug te siek geword om die vliegtuig, wat sowat 200 mense aan boord gehad het, verder te vlieg. Die medevlieënier van Jet Airways se vlug 9W063, Samir Malhotra, moes toe noodmaatreëls afkondig.
Buiten die dokter was nog ’n vlieënier van Jet Airways heel toevallig op die vlug.

Terwyl kapt. Rajnish Malhotra mediese behandeling ontvang het van ’n dokter wat toevallig aan boord was, het nog ’n passasier ingegryp en tot die vlug se redding gekom.

Buiten die dokter was nog ’n vlieënier van Jet Airways heel toevallig op die vlug. Hy het tussen skofte as passasier gereis. Die man, wie se naam nie bekend is nie, het toe die medevlieënier gehelp om die vliegtuig verder te vlieg.

Dis onduidelik wat Rajnish oorgekom het of wat sy toestand nou is.

Die vliegtuig het veilig in Delhi geland, maar moes op die aanloopbaan wag, want net die vlugkaptein mag sy vliegtuig na die lughawegebou bestuur.

Bronne: Daily Mail, The Times of India