[caption id="attachment_166610" align="alignnone" width="600"]Foto: Flickr. Foto ter illustrasie Foto: Flickr. Foto ter illustrasie[/caption]

In onlangse navorsing is die feit aan die lig gebring dat hierdie soort programme moontlik die brein kan verdof en aan jongmense later in die lewe ’n “kognitiewe agterstand” kan besorg.

’n Span navorsers van die Queen Mary-universiteit in Londen (QMUL) het bevind dat kinders wat gedurig aan ligte vermaak, soos werklikheidstelevisie of sepies, blootgestel word, later in die lewe “kognitief agtergeblewe” kan raak.

Volwassenes wat as kinders gedurig blootgestel was aan ligte televisieprogramme, het vyf present swakker gevaar in toetse as mense van hul portuurgroep wat nie as kinders blootgestel was nie.

Volgens die bevindings sou 13 persent moontlik nie in politiek belangstel nie en 10 persent sou nie betrokke raak by enige groep wat vrywillige werk doen nie.

“Die afstomp-uitwerking van die televisie oor die algemeen is ’n kopseer, veral in die geval van groeiende kinders,” sê dr. Andrea Tesei van QMUL se School of Economics and Finance.

“Ons studie het getoon dat kinders wat na vermaaklikheidstelevisie kyk, swakker gevaar het in kognitiewe toetse wat in vorige navorsingstukke getoon is en waar hulle toegelaat is om langer as die aanbevole twee uur per dag televisie te kyk.”

Iets wat miskien nog meer kommerwekkend is, is die navorsers het bevind programme wat die brein afstomp, kan ook die manier beïnvloed waarop mense stem omdat aanhangers van ligte vermaak meer geneig is om vir populistiese politieke partye en bewegings te stem, soos Donald Trump of Brexit, Brittanje se uittog uit die Europese Unie.

Ten einde die uitwerking van televisie op die kognitiewe vermoë ten volle te verstaan, het die span die uitwerking van ligte televisie in Italië die afgelope 30 jaar ondersoek.

Dit was die tyd toe Silvio Berlusconi, die voormalige eerste minister van Italië, Mediaset, die kommersiële televisienetwerk, bekendgestel het.

Berlusconi het tussen 1994 en 2011 vir drie termyne as eerste minister van Italië gedien, grotendeels deur die vestiging van ’n televisienetwerk Mediaset, wat ligte televisieprogramme aangebied het en wat tydens sy politieke loopbaan as propagandamasjien gedien het.

“Ons resultate dui daarop dat mense wat as kinders aan vermaaklikheidstelevisie blootgestel is, as volwassenes kognitief minder gesofistikeerd is en minder in sosiopolitiek belangstel en eindelik is hulle ook meer ontvanklik vir Berlusconi se populistiese retoriek,” is wat dr. Andrea Tesei onthul.

“Dit dui ook daarop dat die inhoud van vermaaklikheidsprogramme politieke houdings kan beïnvloed en sodoende ’n vrugbare teelaarde vir populistiese boodskappe skep.”

Dis die eerste groot studie wat van stapel gestuur is om die politieke uitwerking van kinders se blootstelling aan ’n dieet van “ligte” vermaak te bepaal.

Hy het bygevoeg die resultate van die studie is tans relevant, aangesien Amerika besig is om aan te pas by die presidentskap van ’n populistiese leier, Donald Trump.

Bronne: dailymail.co.uk, qmul.ac.uk, burnleyexpress.net, express.co.uk