Dit kan jou honderde rande per maand kos om te reageer op ’n SMS wat WhatsApp-byvoegings of -bywerkings adverteer, berig Fin24.

So het die IT-konsultant en voorste tegnologie-blogger Liron Segev aan Fin24 gesê van wat hy, die jongste WhatsApp-slenter noem wat Suid-Afrika getref het.

Die begin deurdat ’n selfoongebruiker ’n SMS van ’n koordlose-toepassing-diensverskaffer (Wasp) ontvang wat lui “jy het nie die jongste whatsapp-byvoegings bygewerk nie”. Die SMS noop dan die gebruiker om op ’n skakel te klik – of eerder te druk.

Liron sê “houtgeruste” slagoffers sal die skakel aktiveer wat die foon se internetblaaier oopmaak en lei na ’n blad met ’n groot, groen knop waarop staan “gaan voort”.

Maar die gevaar bestaan dat gebruikers nie die fynskrif aan die onderkant van die webblad lees nie wat aandui die diens sal R7 per dag van hul foonrekening aftrek.

As jy dit miskyk, kan tot R200 per maand by jou foonrekening gevoeg word.

LEES MEER HIER

So lyk die sms-boodskap:

whatsappscam