Wees gewaarsku: As die wêreld se spinnekoppe kon kragte saamsnoer, sou hulle die hele mensdom binne net 12 maande kon verorber.

Dis sekere mense se grootste nagmerrie.

Die meeste spinnekoppe eet wel insekte, maar die groter spesies is bekend daarvoor dat hulle ook aan reptiele, voëls en selfs klein soogdiere knibbel.

Luidens ’n nuwe verslag deur kenners wat onlangs in The Washington Post verskyn het, oorskry die gewig van die kos wat binne ’n jaar deur die wêreld se spinnekoppe geëet word, die gewig van die mensdom op die planeet.

Martin Nyffeler van die universiteit van Basel in Switserland en Klaus Birkhofer van die Lund-universiteit in Swede het vasgestel spinnekoppe kan jaarliks tussen 440,9 en 881,8 miljoen ton prooi verorber.

Volgens die verslag beloop die totale massa van die mensdom sowat 316,3 miljoen ton, aansienlik minder as wat die agtpotiges jaarliks verslind.

Spinnekoppe kan dus die hele mensdom verorber - en daarna nog honger wees.

Bronne: New York Post, Washington Post