In ’n video wat haar ma, Susan Lemmer, op Nuwejaarsdag op haar Facebook-blad gedeel het, kan ’n mens sien hoe die blonde advokaat hartlik lag en saamgesels terwyl sy ’n viertrekvoertuig in ’n kusdorp se paaie bestuur.

“Pasop hier kom Zani!” het Susan die video waarin die wind sorgvry deur Cézanne se blonde poniestert waai, gedoop. Deurentyd moedig haar mede-passasiers haar aan met “Kom, Vissie!” en hulle terg haar ook oor haar bestuursvernuf.

Kyk hier hoe uitbundig lag en gesels sy: