Sarel Loots van Sabie en Braaiboy (Gareth Daniell) is boonop voor in die koor. Sarel het bekendheid verwerf toe hy verlede jaar aan die kookkompetisie MasterChef South Africa (M-Net) en vanjaar aan Kokkedoor (kykNET) deelgeneem het.

Braaiboy braai al die afgelope vier en ’n half jaar elke liewe dag. “Ek het nou al twee wêreldrekords gestel. Een vir die langste aaneenlopende braai van 62 uur en een vir die eerste onderwaterbraai.”

Nou gaan hul met hul talente spog in Lynchburg, Tennessee, waar hulle op 26 Oktober gaan meeding in die Jack Daniel’s World Championship Invitational Barbecue en dan op 7 November die Wêreldkoskampioenskapbyeenkoms.

“Ons is twee weke lank daar en gaan ook Route 66 doen,” vertel Braaiboy. “Hul braaistyl verskil baie van ons s’n,” sê Sarel. “ Hulle braai lang tye teen lae temperature. Hulle sal byvoorbeeld 14 uur lank aan ’n brisket (borsstuk) braai en so vier na vyf uur aan ’n varkrib.” Nie net kan die manne soos regte manne braai nie, hulle laat groei hul snorre vir die Movember-veldtog, wat in November plaasvind. Dit is ter bewusmaking van mans se gesondheidskwessies, soos prostaat- en testikelkanker. IMG_5166 Hul wenke vir die beste braai: 

Braaiboy: “Goeie pelle! Jou geselskap moet goed wees.”

Sarel: “’n Lekker, warm vuur.”

Braaiboy se buddy Borries (Corné Bornman): “Die ouderdom van die vleis is belangrik. Hoe ryper, hoe beter.”

Deur Loren Pienaar

Om die nasionale braaispan sterkte toe te wens, klik op Like!