Jennifer Karren (35) en haar man, Trevor, het Woensdag saam met die toeragentskap Cabo Adventures in die See van Cortez gaan snorkel toe ’n grys walvis uit die water verrys en die boot stamp. Jennifer is in die water geslinger en nog twee mense op die boot is beseer. Die kaptein van die boot het in die water gespring en haar uitgehaal, berig die Daily Mail. Haar man moes glo vergeefs kyk hoe hulle haar lewe probeer red. Sy is na ’n privaat hospitaal geneem, waar sy dood verklaar is.

Bronne: Edition.cnn.com en Theguardian.com