Sal jy jou man wat nie betyds sy reisdokumente gereed het nie, agterlaat en saam met jou skoonouers gaan wittebrood hou?

En boonop het sy skreeusnaakse foto’s op haar reise geneem!

Net voor Huma en haar man, Arsalaan Sever Butt (28), op hul tweede wittebrood na Griekeland moes vertrek, hoor hulle Arsalaan se paspoort is nie betyds toegestaan is nie.

Nadat sy aanvanklik nie sonder haar man wou gaan nie, het die twee besluit dat Huma liewer met vakansie moes vertrek aangesien hulle geen terugbetalings sou ontvang nie.

Dit het wel beteken dat sy al Griekeland se asemrowende besienswaardighede sonder haar geliefde man sou moes sien terwyl hy stoksiel alleen tuis in Pakistan sit.

Hoewel sy op die eerste aand gehuil het van verlange, het sy besluit om liewer die vakansie met ’n goeie skeut humorsin te benader, vertel aan Buzzfeed.

Die 28-jarige het by elkeen van haar snaakse vakansiefoto’s met ’n uitgestrekte arm en huilende gesiggie gestaan om te wys hoe baie sy Arsalaan mis.

Sy het aan die nuuswebtuiste The Knot gesê dat sy ironies genoeg hierdie manier van poseer by haar man aangeleer het.

“Ek het ’n hele reeks foto’s geneem nadat vriende vir my op WhatsApp gesê het hoe indrukwekkend en snaaks dit is,” het Huma bygevoeg.

Gelukkig was dit nie Huma en Arsalaan se eerste wittebrood nie, maar eintlik ’n vakansie wat die paartjie saam met Arsalaan se ouers sou geniet het. Hul wittebrood was kort ná hul troudag in Desember.

Sy ouers het ook ’n deel gehad in die snaakse reeks foto’s nadat Huma haar selfoon verloor het.

Dis toe dat Huma besluit om vir ’n foto te poseer sonder haar man óf selfoon.

Sy was glo bitter bly om weer met Arsalaan herenig te word. “Dit was lekker, maar nie dieselfde sonder hom nie. Ek dink ons het mekaar ’n hele 20 minute lank omhels op die lughawe,” het Huma aan The Knot gesê.

Bronne: The Knot News, Daily Mail, Buzzfeed