Die pasgetroude sanger Jakkie Louw se vrou Anél het darem ingestem om die sanger vir ‘n vinnige optrede uit hul wittebroodsuite te laat glip . . . .

Ons het ‘n voëltjie hoor fluit dat Jakkie vanaand by die Huisgenoot Musiekplaas se Afskop! – Treffer na Treffer optrede in niks minder as jy kamerjas, pantofferls en ‘n handdoek om die kop nie, gaan optree! “Ek gaan my nuwe liedjie vanaand by die Musiekplaas bekendstel. Dis die stoutste liedjie in Afrikaans sedert die Leeuloop!” het Jakkie ‘n voorsmaak gegee van wat ons van dié liedjie kan verwag.

Die pasgetroudes sal more vir ‘n blitswittebrood van drie dae na ‘n eksklusiewe vyfster bestemming in die Suid-Kaap vertrek. En dan sal Jakkie weer ‘n draai by die KKNK kom maak. Moet beslis nie vanaand se optrede by die Huisgenoot Musiekplaas misloop nie. Jakkie sal optree saam met van ons grootste sterre soos Kurt Darren, Nicholis Louw, Snotkp, Ray Dylan, Sarah Theron, Wicus van der Merwe, Elizma Theron, Heinz Winckler, Romanz, Willie en Natasha Joubert, Manie Jackson, Fredi Nest, Adam Tas, Pieter Koen, David Fourie en moniQue.

Die vertoning begin om 18:30 met die nuweling, Damien, wat verlede jaar tydens die Jukebox-vertoning ‘n opskudding by die KKNK veroorsaak het. Dit gaan die moeite werd wees om te sien!