Inwoners buite ’n openbare toilet in Beijing kon hoor hoe ’n baba huil en het besef die dogtertjie sit vas in die toiletpyp. Volgens die polisie op die toneel het hulle eers die toilet uitmekaar probeer haal om die baba te red, maar besef dit vermors te veel tyd.

“Haar kop was onderstebo en haar lyfie het in die drein afgehang. Ons kon net vaagweg haar voete van die kant af sien,” het die plaaslike polisiehoof, Qian Feng, gesê.

In die hartverskeurende video van die reddingspoging kniel die polisiehoof langs die toilet, steek sy hande in en trek die baba uit.

“Daar is ’n pyp in die drein wat teen ’n regterhoek lê en die baba het amper in die horisontale pyp vasgesit,” het hy aan die Beijing Times gesê. “Sy’t aanhou huil. Ek het weer gekyk en gedink ons moet haar probeer uittrek, selfs al is daar ’n skraal kans op sukses.”

Ná die wonderbaarlike reddingspoging het inwoners die polisie gehelp om die baba toe te draai en haar na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Sy is glo in ’n stabiele toestand en dit lyk of sy ongedeerd daarvan afgekom het. Die polisiesoektog na die ma duur voort.

Video:

Bronne: fox59.com, cnn.com