Hy het dadelik Netcare 911-paramedici van die hospitaal daarvan in kennis gestel.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, was die babatjie in ’n leë broodsakkie gedruk. Dit was ’n dogtertjie.

Sy was ongelukkig reeds dood teen die tyd dat hulle haar gevind het.

Die polisie ondersoek die saak en die oorsaak van haar dood verder.