Die Afrikaanse joernaalprogram Pasella gaan beslis nie vir goed van SABC2 se rooster verdwyn nie, het die SABC Donderdagoggend in ’n verklaring gesê.

“Pasella word nie permanent van die rooster verwyder nie. Daar gaan wel ’n nuwe reisprogram, Mooiloop, in Pasella se tydgleuf uitgesaai word as deel van SABC2 se nuwe voorkoms.

“Pasella kom terug op die kassie sodra Mooiloop se eerste seisoen klaar is,” sê die SABC in hul verklaring.

Na bewering is dit nie ongehoord dat TV-programme ’n ruskans neem tussen seisoene nie.