AS KIND het hy daarvan gedroom om ’n skrywer te word en as student om eendag op die TV-program Pasella gesig te wys. Vandag het Dieter Voigt albei drome verwesenlik, en boonop het hy Mnr. Suid-Afrika en ’n gewilde motiveringspreker en model geword.

Nie sleg vir ’n seun wat op laerskool gespot is omdat hy in niks uitgeblink het nie . . .

Dis dié dat hy homself nou as ’n rolmodel vir jongmense beskou en vir hulle die boek geskryf het waarvan hy al van sy kinderdae af droom.

‘‘Ek het soveel lewenslesse op my reise vir Pasella geleer en soveel interessante mense ontmoet dat ek dit net met ander, en veral jongmense, moet deel,’’ vertel die aantreklike spiertier van die kassie in sy tweeslaapkamerwoonstel in Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 14 April 2011