Al wat jy nodig het, is leë toiletrolletjies, verf, versiersels, rekstring (of riem) en baie verbeelding. Of jy die kinders dit self laat doen en of hand bysit,  gaan dit die kleingoed heerlik laat speel.

Geverfde krone

[caption id="attachment_3218" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van Heli Ruschig Foto gespeld van Heli Ruschig[/caption]

Ek is mal hieroor, want kleintjies wat nog nie kan knip nie, kan help versier. Die ma wat dit gespeld het, sê  sy het die een voor in die foto geverf, en haar driejarige seun het die ander geverf. Hulle het waterverf gebruik, maar plakkaatverf is ook ’n goeie opsie. Jy kan die blinkertjies los as jy wil.

Bobble crowns

[caption id="attachment_3217" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van creativejewishmom.com Foto gespeld van creativejewishmom.com[/caption]

Klein spikkels materiaalverf is die geheim agter die silwer en blou “juwele” op die krone. Die swart is met ’n dik viltpen geteken. Die snywerk is ’n bietjie ingewikkelder as die voriges; ’n volwassene sal dalk moet hand bysit.

Washi-lintkrone

[caption id="attachment_3222" align="alignnone" width="214"]Foto gespeld van craftandcreativity.com Foto gespeld van craftandcreativity.com[/caption]

Vou Washi-lint om die rolletjies vir mooi, helder ontwerpe. Ek maak dit sommer vir my volgende verjaardagpartytjie; ek het hope Washi-lint!

Silwer and goue krone

[caption id="attachment_3221" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van rookno17.com Foto gespeld van rookno17.com[/caption]

Hierdie feestelike krone is met groot sorg gemaak. Dit is binne en buite met silwer en goue spuitverf bedek. Die versiersels sluit in lint, plakkers, krale, oulike knope, blinkers en versierde muffinhouertjies. Klein kunswerkies!

Spoggerige kroon

[caption id="attachment_3220" align="alignnone" width="225"]Foto gespeld van Imani Tolliver Foto gespeld van Imani Tolliver[/caption]

Ek is mal oor hierdie uitspattige skepping, vol glinstergom, klein pom-poms, aanplaksteentjies, ’n stervis en ’n klossie tulle. Daarmee op jou kop sal jy die wêreld kan regeer.

- Alfie Steyn

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.