’n Britse man het vir sy meisie gejok en gesê hy is ontvoer sodat hy kon aanhou drink. Hy het eintlik by ’n partytjie gedrink toe sy bekommerde meisie die polisie bel en ’n polisiesoektog veroorsaak.

Die 32-jarige van Groter Manchester het sy meisie vertel die sy ontvoerder gaan hom eers vrylaat wanneer hy ’n bedrag van sowat R880 betaal. Hy het selfs dat ’n vriend hom as die ontvoerder voordoen en sy meisie SMS.

Die vrou was ontsteld en het die polisie gebel, wat toe die “ontvoerde” man begin soek het.

Die polisie was woedend toe hulle die waarheid ontdek. “Die man se meisie was rasend van kommer en werklik bang dat iemand hom sou leed aandoen,” het speurder-inspekteur Jo Clawson aan die Daily Mail gesê. “Ons het aansienlike hulpbronne en tyd aan hierdie soektog gewy, terwyl die man die hele saak versin het sodat hy kan uitbly en drink. Dit is ongetwyfeld een van die onverstandigste en onverantwoordelikste voorvalle waarin ek ooit betrokke was.”

Die polisie het daarteen besluit om die man aan te kla, want daar is reeds baie polisie-hulpbronne op hom gebruik. Hy het wel ’n boete gekry en die voorval is as ’n strafbare oortreding op sy rekord aangebring.

- Petro-Anne Vlok

Bronne: dailymail.co.uk, jezebel.com