Wat was die idee met die P.A.R.T.Y.-video?

  • Ag, dit was baie maklik; ons het net besluit ons was lus vir ’n bietjie wegkom en toe skiet ons dit sommer as ’n video ook, so twee vlieë met een klap. Die song gaan mos oor vakansie en somer-vibes, so ja, die idee vir die video was baie maklik: Gaan op vakansie en hê ’n bietjie pret.

Waar is dit oral geskiet?

  • Meestal op Victoriabaai en rondom dit. So dit was maar die trip daarna toe en dan ook George, Knysna, Wildernis, De Dekke ens.

Het daar enigiets snaaks gebeur tydens die maak van die video?

  • Haha, uhm, ek dink die malste ding, was daai grothuisplek waar ons was. Dit is letterlik ’n huis gebou in ’n grot en dis een of ander kommuneof iets. Maar dis so ’n weird en eerie plek. Ons stap toe daar binne rond, en daar’s niks mense nie, en ons tune net heeltyd dat dit lyk soos ’n serial killer se blyplek en toe ewe skielik heel aan die einde, stamp Paul Aard, die regisseur, ’n skulp van een van die rakkies af en daar pop net hierdie weird looking ou agter ’n muur uit en sê: “Please be careful!” Ek het my DOOD-geskrik.

Waar is jou gunsteling-party-plek?

  • Jis man, ek weet nie. Ek het nie ’n gunsteling nie, maar dié tyd van die jaar is dit maar die Ooskus, Walker Bay ens., so oral van Hermanus tot Jbay. Dis mos maar waar die vakansie moet gespandeer word; by die see.

Wat gaan jy vir Desember doen?

  • Ek toer baie erg, maar tussendeur gaan ons op Jbay, Aniston en Onrus wees. So ja, Januarie is maar my vakansiemaand en dan gaan ek lekker uitrus en recover van Desember . . . want ’n mens kort amper nog ’n vakansie ná die Desembervakansie, dit kan so rof raak.

Kyk die video hier: