Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow (Zander Tyler) het amptelik aan Huisgenoot die nuus bevestig dat hy pa gaan word.

Parow en die beeldskone swembroekmodel Jenna Pietersen sal volgende jaar die trotse ouers wees van hulle eersteling.

Die tweetjies ken mekaar reeds vier jaar, maar het eers onlangs ‘n verhouding aangeknoop.

“Ek en Jenna is baie gelukkig en opgewonde en sien baie uit na die baba se koms,” het Parow gesê.

Jenna is byna drie maande swanger en vanaf die Paarl afkomstig. Sy het reeds twee keer in Sports Illustrated se Suid-Afrikaanse swemklere-uitgawe verskyn.

Parow is bekend vir sy Afrikaanse kletsrym en die werk wat hy onder andere al saam met Die Heuwels Fantasties en Die Antwoord gedoen het.

Ons wens die paartjie alle geluk toe.

Volg Huisgenoot op Twitter.