Paris Hilton is die jongste bekende wat onder “swatting” deurloop.

“Swatting” is wanneer iemand die nooddiens bel sonder dat daar gevaar of ’n noodsituasie bestaan.

Die polisie het Saterdag om 17:22 by die voormalige werklikheidster se huis in Los Angeles opgedaag, nadat hulle ’n naamlose oproep ontvang het van iemand wat beweer het daar is ’n inbreker by haar huis.

’n Polisiebeampte het aan die skinderwebtuiste TMZ.com gesê dat, anders as tydens ander voorvalle van “swatting”, die naamlose beller niks omtrent gewapende rowers genoem nie. Die polisie kon geen teken kry dat iemand by die huis probeer inbreek het nie.

Tydens die “inbraak” was die 32-jarige Paris by ’n musiekfees in Miami, Florida. Die polisie het die voorval as ’n poets afgemaak.

Nog bekendes wat onder “swatting” deurgeloop het, sluit in Tom Cruise, Chris Brown en die Kardashians.

- Bang Showbiz