’n Regter in Los Angeles het Maandag Conrad (22) se voorwaardelike vrylating herroep en hom tot twee maande tronkstraf gevonnis nadat hy uit ’n program vir dwelmmisbruik geskop is. “Die (staatsaanklaer) is tevrede met die vonnis en twee maande is wat ons aan die hof voorgestel het,” het die aanklaer Alexander Schwab aan Entertainment Tonight gesê.

A photo posted by Celebee (@_celebee_) on
“Conrad het vanaf vanmiddag 48 uur om by die tronk aan te meld. Hy moet by die buro van gevangenisse aanmeld. Die Amerikaanse polisiediens sal reëlings tref vir waar presies hy moet aanmeld om sy tronkstraf uit te dien.” Bronne het aan die Amerikaanse nuusprogram vertel Conrad was emosioneel en “in trane” toe die vonnis uitgespreek word. Sy ouers, Rick en Kathy Hilton, was ook in die hof. Conrad is in 2014 vir drie jaar voorwaardelik vrygelaat en 750 uur se gemeenskapsdiens opgelê nadat hy skuld beken het op ’n aanklag dat hy verskeie lugwaardinne tydens ’n British Airways-vlug vanaf Londen na Los Angeles aangerand het.
Hy moes bedwing word nadat hy gewelddadig aan boord geraak het nadat hy glo dagga en sigarette in die vliegtuig se toilet gerook het. Conrad se prokureur, Robert Shapiro, het sy kliënt se gedrag toegeskryf aan ’n slegte reaksie op ’n slaappil. Het die jonge Conrad dalk sy oupa se woorde ter harte geneem?

A photo posted by Daniel Chiha (@dannychiha) on

Hy is verlede jaar in Junie weer in hegtenis geneem nadat hy glo ’n beskermingsbevel oortree het wat sy eksmeisie, Hunter Daily, teen hom gekry het.

’n Regter het gelas dat hy in Januarie behandeling ontvang nadat hy positief vir ’n reeks dwelmtoetse getoets het.

Hy het tydens Maandag se vonnisoplegging aan die regter gevra of hy sy tronkstraf onder huisarres in sy oupa se huis in Palm Springs, Kalifornië, mag deurbring en gesê sy familie se huis in Los Angeles is ’n “slegte omgewing” vir hom.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Terreurwaarskuwings: Só skerp inkopiesentrums in Kaapstad, Johannesburg veiligheidsmaatreëls op

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool