Paris Hilton sê North West is ’n pragtige baba.

Paris (32) sê haar ou vriendin, Kim Kardashian, se baba, North, is pragtig. Sy het ook op X17Online.com gesê sy is so bly namens Kim. North, die eerste kind van die sosiale vlinder Kim Kardashian en die rapper Kanye West, is in Junie gebore.

Dis ’n ommeswaai vir Paris. Sy het net nou die dag nog ’n klap gegee na Kim se reeks, Keeping Up with the Kardashians, deur te sê The Simple Life is nog die beste werklikheidsprogram.

Die hotel-erfgenaam sê sy is te besig om na die gewilde E!-werklikheidsreeks, wat haar ou vriendin bekend gemaak het, te kyk. Sy het haar eie werklikheidsreeks, waarin sy en haar vriendin Nicole Richie ’n klompie ongewone werke doen, as ikonies beskryf.

Sy het gesê: “Werklikheidstelevisie is harde werk, en Kim het goed gevaar. Ek het nie na die werklikheidsprogram gekyk nie omdat ek nie tyd het nie. Wat my betref is The Simple Life die beste werklikheidsprogram, en dit het onlangs 10 jaar oud geword. Dis tydloos, ikonies en ’n mens kan vandag nog daarna kyk.”