Tatiana Koelikowa het ’n reeks gru-foto’s op plaaslike sosiale media geplaas terwyl sy aan diens was in ’n noodambulans in Kirof.

Op een van die foto’s sien ’n mens dat sy haar middelvinger wys vir ’n ongelukslagoffer, en die onderskrif lui: “Nog ’n moroon.” Op nog ’n selfie, waar sy haar twee vingers opsteek vir die slagoffer van ’n hartaanval, was die titel: “Hoe haat ek nie my werk nie!” Die stad se nooddienste het nou die verwronge gesondheidswerker in die pad gesteek nadat sy beken het dat sy die foto’s geneem het. Koelikowa se skokkende selfies het die plaaslike inwoners, wie se familie in haar gru-galery verskyn, in die harnas gejaag.