Die pasgetroude het ’n oproep ontvang dat haar ouma in ’n motorongeluk was.

Sarah, ’n paramedikus, het nie twee keer gedink nie en saam met haar man, Paul (ook ’n paramedikus), in haar trourok na die toneel gejaag.

“Ons het net geweet hulle was in ’n ongeluk en dat die motor afgeskryf is. Ons het nie geweet watter beserings hulle opgedoen het nie.”

Hoewel mense haar optrede aanlyn geloof het, hou Sarah vol daar was niks spesiaals daaromtrent nie. “Daar is baie mense wat die woord ‘held’ gebruik,” sê Sarah. “Ek dink nie dit wat ons gedoen het, is heldhaftig nie. Dis iets wat enigeen wat eerste op die toneel was, sou doen.”

Sy dink nietemin die foto wat haar ma geneem het, is “wonderlik”. “Dit sorg beslis vir ’n onvergeetlike troudag. Dis aaklig dat die ongeluk gebeur het, maar almal gaan oukei wees, so ons lag nou daaroor.”

Bronne: news.yahoo.com, metro.co.uk