Paramedici het Donderdag ’n benoude hond gered nadat dit onder ’n voorafvervaardigde klaskamer by ’n skool in Edenpark gevind is.

“Toe paramedici van ER24, saam met ander nooddienste, op die toneel opdaag, het hulle die hond onder een van die klaskamers gevind,” het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

Russel sê lede van die publiek het ER24 van die hond in kennis gestel nadat hulle die dier onder die klaskamer sien lê het.

“Paramedici is ingelig dat die dier vir minstens drie dae onder die gebou was. Een van die paramedici kon daarin slaag om onderin te kruip en stadig die hond uit te kry.”

Russel sê nadat die hond na veiligheid gebring het, het paramedici haar ondersoek en behandel voor sy aan ’n veearts vir verdere behandeling oorhandig is.

Bron: News24