Woordvoerder vir Rescue Care, Garrith Jamieson, het gesê paramedici het na die toneel gehaas en ’n slagveld aangetref.

"’n Enkele motor het die pad verlaat en met ’n staalstruktuur gebots. Die ongeluk het die bestuurder, ’n man in sy twintigs, vasgekeer in die motor. Paramedici het die man ondersoek, maar ongelukkig bevind dat hy reeds voor hul aankoms gesterf het.

"Die man is op die toneel dood verklaar. Die motor se enjin is ’n goeie afstand vanaf die wrak gevind," het Garrith bygevoeg.

Die oorsaak van die gru-ongeluk is nog nie bekend nie.

Bron: News24