Netcare911-paramedici het Maandagoggend flink opgetree toe ’n babatjie by ’n mediese sentrum in Midrand te vroeg sy verskyning gemaak het. Paramedici het die Netcare1-helikopter ontbied wat oor die nodige mediese toerusting beskik om die babatjie se kans op oorlewing te versterk. Die helikopter het by die Carlswald-sentrum geland waar paramedici die nuweling op die toneel gestabiliseer het. Hy is daarna in ’n broeikas geplaas en per helikopter na ’n ander, gespesialiseerde hospitaal geneem vir verdere mediese versorging.

Bron: arrivealive.co.za