Twee Oos-Kaapse paramedici van die provinsiale departement van gesondheid is afgedank weens ernstige wangedrag nadat ’n swanger vrou uit hul bewegende ambulans geval het, het die departement Donderdag gesê.

’n Woordvoerder, Sizwe Kupelo, het gesê: “In September 2014 het die twee ambulansparamedici ’n swanger vrou na die Sipetu-hospitaal vervoer, waar sy uit die bewegende noodvoertuig geval het nadat die agterdeur oopgegaan het.

“Die paramedici het nie eens besef die pasiënt het uitgeval nie tot ’n motoris wat agter hulle gery het hulle daaroor ingelig het.”

Die vrou het beserings opgedoen en die paramedici is tydens ’n interne dissiplinêre verhoor skuldig bevind.

“Dit is die norm dat ’n assistent ’n pasiënt agterin monitor en die nodige noodhulp verskaf,” het Sizwe gesê.

“Dit is teen die beleid dat albei ambulansmanne voor sit en ’n pasiënt afskeep.”

News24