Justin Bieber kan hom beslis later as ’n pa sien.

“Ek kan beslis sien dat ek eendag pa word,” het hy glimlaggend aan die nuusagentskap Deutsche Presse-Agentur gesê, en bygevoeg hy was nog altyd dol oor kinders. “Maar op die oomblik kan ek nie sien dat ek nesskop nie.”

Die ster reis baie rond en maak nou in Duitsland voorbrand vir sy nuwe album, wat nog nie ’n titel het nie. Hy het onder meer by die radiostasie NRJ in Berlyn ’n draai gemaak, waar hy oor sy gunstelinggereg uitgevra is.

NRJ het Demi Lovato onlangs dieselfde vraag gevra, maar terwyl Justin geantwoord het sy ouma se spaghetti bolognaise, het Demi gesê hare is “ ’n beker”.

Sy het later beweer sy het ’n grap oor breekgoed probeer maak en dit is vir Justin baie snaaks.

“Dis nie eens ’n gereg nie – ’n beker is nie ’n gereg nie!” het hy laggend gesê. “Maar kom ons wees gaaf met haar. Sy het waarskynlik ’n lang dag gehad. Ek het ook al dom goed in onderhoude gesê. Daar was ’n onderhoud waarin die ou heeltyd German gesê het, maar hy het dit jimmin uitgespreek en ek het gesê: ‘Ek weet nie wat dit is nie.’ Toe kyk ek terug en dink: ‘O, hy het German gesê. Die arme ou.’”

© Cover Media