Nee kyk, nou het ons alles gesien. Die Brit Rich McCor span sy fotografie-vaardighede en papierkuns in om Britse stede behoorlik ’n oormaaksessie te gee. Die talentvolle Rich gebruik uitknipsels van Disney-karakters en sy verbeelding om bekende tonele uit die flieks na te boots. Hy het al die Britse hoofstad, Londen, se silhoeët in Peter Pan se speelpark omskep en gebruik die King’s Cross-treinstasie, ook in dié stad, op so ’n manier dat dit lyk of dit webbe is wat uit Spider-Man se hande spuit.

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

Rich deel sy handewerk met 138 000 aanhangers op sy Instagram-profiel @paperboyo. Lees ook: Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue Hy het al ikoniese bakens in Brittanje omskep en as agtergrond vir sy ingewikkelde papiertonele gebruik.

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on
“Disney het my gekontak en gevra of ek kans sien vir ’n uitdaging,” vertel hy. “Hulle wou sien of ek ’n Disney-kinkel in ’n paar van Brittanje se ikoniese stede kon sit,” het hy op Instragram vertel. “Ek het ingestem, ’n paar uitknipsels en ’n musiekspeellys gemaak (wat noodsaaklik is vir wanneer jy die langpad vat) en koers gekies. My eerste stop was Glasgow en die Clyde-ouditorium. Dit was alles om die splinternuwe @DisneyLifeUK-app te bevorder.” Hier gebruik Rich Newcastle se Tyne-brug vir die mondigwording-toneel met Simba, Timon en Pumbaa in die gewilde fliek Lion King.

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

Hy verander Glasgow se Clyde-ouditorium in die vis Nemo van die fliek Finding Nemo terwyl hy Liverpool se Albert-skeepswerf in die danssaal omtower waarin Belle en Beast dans in die fliek Beauty and the Beast.

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

Lees ook: ‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s Rich transformeer nie net stede in Disney-tonele nie, maar gebruik dit ook as agtergrond vir ander foto’s. Praat van ’n eindelose verbeelding!

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

A photo posted by Rich McCor (@paperboyo) on

Bronne: MIRROR.CO.UK, STANDARD.CO.UK, INSTAGRAM

– Saskia Hill

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Danspassies van knapie in kruisbande bekoor

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

Monaco se koninklike babas leer glo vier tale, Afrikaans inkluis

Kyk, daar vlieg ’n . . . hond?!

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender