’n Man van Koeweit is in die sop nadat sy papegaai sy flankerende gesprekke met die huishulp begin herhaal het, berig The Mirror.

Sy vrou was natuurlik woedend oor die affair en is saam met die papegaai as bewyse na die polisie.

Owerspel is onwettig in die land en indien die man skuldig bevind sou word, kon hy in die tronk gestop word vir sy indiskresies.

Gelukkig vir hom het beamptes die papegaai as getuie verwerp en gesê hy kon die suggestiewe opmerkings op die televisie of radio gehoor het, het die plaaslike koerant Al Shahed Daily berig.

Bronne: Mirror.co.uk, Metro.co.uk