Net ’n paar gebruikers het probleme op die sosiale netwerk ervaar en dit het net ’n kort tydjie geduur. Tog het die Los Angeles County Sheriff's Department ’n buitengewoon hoë aantal oproepe gekry. Sers. Burton Brink het Vrydag getwiet: “#Facebook is nie ’n probleem vir wetstoepassing nie; moet ons asseblief nie in verband daarmee bel nie. Ons weet nie wanneer dit weer aanlyn gaan wees nie!”

Die onderbreking het die hoofwebtuiste geraak, sowel as ander webtuistes wat jou deur Facebook kan laat aanteken, soos Instagram en Skype.

Bekommerde inwoners - wat bang was dat hulle permanent van die gewilde sosiale netwerke afgesny is - het die hele middag die 911- en gewone noodnommers gebel.

Die webtuiste het ophou werk en gebruikers is met dié angswekkende boodskap begroet: “Jammer, iets het fout gegaan. Ons maak dit so gou moontlik reg.”

Al is orde sowat ’n uur later herstel, was dit te lank vir Facebook-verslaafdes, wat 911 teen daardie tyd al op blitsbel gehad het.

Bronne: Buzzfeed.com, Metro.co.uk