As jy al Tinder gebruik het, weet jy hoe spannend daardie eerste sin kan wees wat jy vir die ander persoon stuur. Die oomblik kan jou heeltemal oorweldig as jy boonop ’n tikfout in jou eerste boodskap maak.

Dis presies wat met hierdie man, ene Michael, gebeur het. Michael het hom tot Imgur gewend om sy onlangse ervaring op die afspraak-app te vertel onder die opskrif “Ek is nie goed daarmee om met meisies te gesels nie”.

Of die ervaring regtig beskryf kan word as ’n nagmerrie, sal jy maar self moet besluit. Al wat ons weet, is dat Michael heeltemal te veel van pandabere af weet!

Sien, Michael se Tinderverhaal begin reeds ’n paar maande gelede; omstreeks Kersfees, om presies te wees. “Ek het met ’n meisie op Tinder begin gesels, maar ek het ‘Christmas’ verkeerd gekry. Ek het nie geweet wat om te doen nie, toe raak ek paniekbevange. Toe doen ek wat enige verstandige persoon sou doen: ek stuur aan haar ’n feit oor pandas.”

[caption id="attachment_122292" align="alignnone" width="576"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Aanvanklik het Chrissy, die meisie met wie hy gesels het, dis bloot ’n geïsoleerde pandafeit, lig Michael haar toe in dat hy vir die volgende 100 dae vir haar pandafeite gaan stuur.

Dinge het gou ernstig begin word tussen die twee:

[caption id="attachment_122293" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

[caption id="attachment_122294" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Michael kon homself glad nie keer nie. Hy het selfs oor panda's se ontlasting begin rapporteer.

[caption id="attachment_122295" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

"Naderhand het ek begin sukkel om aan te hou," erken Michael. Hy moes selfs ’n wekker stel sodat hy elke dag onthou. Maar Chrissy het skynbaar nie belangstelling verloor nie.

[caption id="attachment_122297" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Maar daar was geen manier dat hy sou moed opgee nie. Trouens, Chrissy het die feite so baie begin geniet dat sy prentjies van panda's aan Michael begin stuur het.

[caption id="attachment_122298" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Michael se vriende sou hom gereeld vra: 'Hoe gaan dit deesdae met jou panda-meisie?' Talle wou gehad het hy en Chrissy moes in ontmoet. Maar Michael was bang sy sien hom as een of ander kampvegter vir pandabere. "Ek hou daarvan om in die skadu's te beweeg," skryf hy. "Ek weet ek het elke dag ’n taak te verrig. Ek is ’n stille bewaarder (van pandabere)."

[caption id="attachment_122299" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Op die laaste dag het Michael ’n hartverskeurende laaste boodskap gestuur.

[caption id="attachment_122300" align="alignnone" width="620"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Michael het nie gehoor gegee aan Chrissy se desperate woorde nie. Hy het haar glo nog nie weer gekontak nie.

via GIPHY
 

Bronne: Metro; Imgur

Ook op Huisgenoot.com

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie