Geen van die groep se werknemers is in die voorval beseer nie. Volgens berigte ontvang die beweerde bestuurder van die paneelwa mediese sorg.

'n Man het na bewering omstreeks 22:45 met die voertuig op die Eternity House-gebou afgejaag. Die ontploffing het nie net die paneelwa nie maar verskeie van die gebou se vensters vernietig.

Volgens hul webtuiste beywer die Australian Christian Lobby-groep hulle vir 'n "meelewende, regverdige en morele gemeenskap waar die Christelike geloof in die politieke leefwyse van die land weerspieël word".

Lyle Shelton, die groep se nasionale direkteur, het aan The Daily Telegraph gesê hulle het wel hul daaglikse kwota van lasposte op sosialemedia en dat die kantoor ook die teiken van doodsdreigemente die afgelope jaar was.

"Maar ek is werklik bekommerd oor iemand wat iets soos hierdie aanvang."

Bronne: calebreport.com, dailytelegraph.com.au, thescottishsun.co.uk