Christopher word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein was agter die ontvoering en moord van sy vrou, Jayde (29), in April 2015.

Regter Dayalin Chetty het beslis dat die opname wel toelaatbaar is. Die hof verdaag vir 'n wyle om die nodige toerusting op te stel.

Sy verdediging onder leiding van adv. Terry Price sê die video-opname, waarvan hy nie kennis gedra het nie, spruit voort uit die beweerde marteling van Luthando Siyoni, wat nou staatsgetuie is.

Hy versoek regter Chetty om te beslis of Luthando aangerand is of nie.