Leon is op sy beurt deur Christopher as 'n "dubbel-agent" bestempel omdat hy ook vriende was met die Panayiotou-gesin. Hy ken sy ouers, Costa en Fanoula, alreeds die afgelope 16 jaar. Christopher het "voor hom opgegroei".

Hy het aangedui dat hy en die familie nie noodwendig boesemvriende was nie, maar dat hy en sy vrou by geleentheid uitgenooi was om funksies saam met hulle by te woon.

Panayiotou-moord: ‘Chris(topher) het vir my gelieg,’ hoor hof

Dit was juis Costa wat hom vertel het van Jayde se verdwyning. In daardie stadium was hy met ondersoeke in Graaff-Reinet besig. Leon het dit afgehandel en na Port Elizabeth teruggekeer waar hy help soek het na Jayde. Leon het eers amptelik by die ondersoek betrokke geraak nadat kaptein Kanna Swanepoel hom op 28 April 2015 genader het nadat Luthando vir Christopher impliseer het by die moord. Hy is glo gevra omdat hy vir Christopher ken. Opnames Kanna sou hom versoek het om die telefoonoproepe op te neem. Adv. Gouden sou ook oor die plan ingelig word.

Die opnames van die oproepe is in die hof gespeel. Daar kan gehoor word hoe Luthando vir Christopher vertel dat hy kniediep in die moeilikheid is en met hom moet praat.
Kanna, Luthando, Shane Bosch en 'n polisieman Ntenttuzela was teenwoordig tydens die opnames. Laasgenoemde sou verantwoordelik wees vir die afluistertoerusting en kamera in die voertuig. Panayiotou-saak: ‘Chris het my gevra om iemand te soek om sy vrou dood te maak,’ getuig vermeende middelman Tussendeur word Luthando weer gevra of hy aangerand is. Die antwoord is "nee".
Daarna het Christopher glo vir Leon gebel om hom te kom sien. Die gesprek is ook opgeneem.
Terry vra oor Leon se woorde aan Luthando: "Dis dit of 25 jaar. Jy moet besluit Thando (Luthando). Ek dreig jou nie, ek vertel jou reguit. Ek gaan huistoe, jy gaan St Albans (die gevangenis) toe."
Louis ontken dat hy aan Christopher gesê het Luthando is bietjie rof behandel deur die polisie. Terry sê hy sal die opname Dinsdag speel. Christopher se oom, Costa, het glo R3 000 aan Louis betaal om 'n helikopter te huur vir die soektog na Jayde. Intussen is daar 'n polisiehelikopter beskikbaar gestel. Louis sê hy het die geld die volgende dag aan Costa teruggegee. Die Panayiotou-familie in die hof kyk mekaar geskok aan en skud hul koppe.
Terry sê die hele Panayiotou-familie is al deur Louis om geld gevra. Hy ontken dit. Terry versoek Louis om Christopher in die gesig te kyk en dit dan nog te ontken.
Terry stel dit ook aan Louis dat hy Christopher sekere name sou genoem het.
Jayde se familie storm uit die hof uit.

Die saak duur Dinsdag voort.